Sasol erken hy dra by tot Vaalrivier besoedeling

November 21, 2018

SASOLBURG - Die Menseregtekommissie (MRK) gaan Sasol se Secunda en Sasolburg aanlegte voor Kersfees besoek om te bepaal watter chemikalieë en “ander afval” die nywerheidsreus glo in die Vaalrivier stort. Kommissaris Osmond Mngomezulu het gister by die MRK se tweede ronde sittings in Braamfontein, Johannesburg, aan Sasol se afvaardiging gesê die kommissie het ’n verslag van die departement van omgewingsake ontvang waarin gewys word dat dié nywerheid tussen 2016 en 2017 verskeie omgewingsoortredings begaan het. Hoof van omgewingsake by Sasol, Martin Ginster, het volgens Netwerk24 erken Sasol kom nie “altyd” sy lisensievoorwaardes ten volle na nie, maar streef daarna om aan die vereistes te voldoen, hoewel dit soms moeilik is. Volgens Ginster behandel Sasol die rioolafval vanaf Sasolburg en word dít saam met die aanleg se afvalwater behandel. Die behandelde water word dan in die Vaalrivier stroomaf van die Barrage-brug in die Vaalrivier gestort. Hy sê rioolafval van Sasol se aanleg het in Maart vanjaar en in Desember 2017 tydens ’n storm in die Vaalrivier beland toe te veel water na die aanleg gevloei het.
FOTO: (Twitter; Carte Blanche)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags