Sassa doen beroep op ontvangers om nuwe kaarte te kry

November 29, 2018

VAALDRIEHOEK - Die organisasie, Black Sash, het ʼn beroep gedoen op al die ontvangers van Sassa-toelaes om te verseker dat hulle die nuwe goue bankkaarte ontvang voordat die ou kaarte op die 15de van volgende maand verval. Die aktivistegroep het ontvangers daaraan herinner dat hulle in Januarie nie toegang sal hê tot hul geld met die ou wit Sassa-kaarte nie. Die organisasie sê begunstigdes moet ook nie hulle identiteits- of PIN-nommers aan enigiemand uitgee wat spesiale aanbiedings doen of sê hulle is van Sassa af nie.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags