Vaaldriehoekers het kans tot Vrydag om te besluit oor mediese fonds opsies

December 10, 2018

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek mediesefondslede wat aan Discovery Health behoort en deur ’n makelaar werk, is gemaan om te sorg dat hulle voor 15 Desember hul keuses uitoefen oor op watter opsie hulle volgende jaar wil wees. Discovery het by navraag aan Netwerk24 gesê lede wat nié van makelaars gebruik maak nie, moet voor 31 Desember deur www.discovery.co.za hul keuse maak. Hoof van tegniese bemarking van Discovery Health, Deon Kotzé, sê lede het egter die keuse om enige tyd deur die jaar van opsie te verander indien dit ’n goedkoper opsie is. Die navraag kom na die Raad op Mediese Skemas (RMS) ’n stokkie voor die fonds se beoogde veranderinge gesteek het. KeyCare-lede, wat op die onderste inkomste-kerf is, sou die premies vir 2019 van mense wat R8 500 en minder verdien, met 47% verhoog het. Hul premies gaan nou met 9,9% styg. Die lede wat op die onderste inkomste-kerf van KeyCare-planne is, het tot einde Junie om ’n ander opsie te kies as hul wil.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags