Groot dele van Emfuleni het nie water vandag en môre nie

December 13, 2018

VAALDRIEHOEK - Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit sê watertoevoer sal nie beskikbaar wees in sekere Emfuleni areas tot en met môre middag nie. Die munisipaliteit het in ‘n verklaring gesê water is reeds vanaf gisteroggend nie beskikbaar nie en sal eers teen die einde van besigheid môre weer aankom. ELM sê dit sal ‘n aantal besighede in Vanderbijlpark, soos Emfuleni Mediclinic, Cormed Kliniek, McDonalds, Mimo’s ensovoorts, affekteer. Die munisipaliteit moet volgens die kennisgewing herstelwerk aan ‘n hoofwatertoevoerpyp doen. Die munisipaliteit het om verskoning gevra vir enige ongerief en verder die gemeenskap gemaan om water spaarsamig te gebruik. Vir meer inligting kan inwoners Metsi-a-Lekoa kliëntediens sentrum kontak by 016 986 8361.
FOTO: (Emfuleni)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags