Vervoerkenner gee vakansiegangers advies oor padveiligheid

December 13, 2018

VAALDRIEHOEK - 'n Vervoerkenner het 'n beroep op motoriste gedoen om besige snelweë gedurende spitstye te vermy. Ofentse Mokoena sê volgens seisoenverslae is Dinsdae en Woensdae gewoonlik stiller op die pad en is dit daarom veiliger om snelweë op dié dae te gebruik. Hy wys egter daarop dat mense wat lang reise onderneem gewoonlik op 'n Donderdag wil vertrek en op 'n Sondag of Maandag wil terugkeer. Vakansiegangers word ook versoek om hul veiligheidsgordels te dra, gehoor te gee aan die spoedbeperkings, nie te bestuur as hulle alkohol gebruik het en nie SMS-boodskappe te stuur terwyl hulle bestuur nie.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags