Gedenkdiens môre vir ma en seun wat in R59 ongeluk omgekom het

December 20, 2018

VANDERBIJLPARK - Sportkoördineerder aan die Emmanuel Private School in Vanderbijlpark, 38-jarige Sarina van Zyl, en haar 11-jarige seun Rico sal na verwagting môre saam veras word nadat hulle Sondagoggend saam in ‘n ongeluk gesterf het. Die gedenkdiens geskied volgens berigte môre oggend om 10:00 vanuit River of Life Family Church in Elliotstraat, Vanderbijlpark. Van Zyl en haar seun was Sondag van Sasolburg op pad na die Suid-Afrikaanse junior skaakkampioenskap (SAJCC) in Boksburg aan die Oos-Rand toe hulle motor het reg van voor op die R59 naby Taaibosspruit, tussen Vereeniging en Sasolburg, teen ’n ander voertuig gebots het. Hulle is op slag dood. Van Zyl laat egter ‘n 8-jarige dogtertjie Zanika agter wat nie saam na die toernooi was nie en by haar ouma agtergebly het. Sarina se skoonsuster, Caren Kapp, sê aan Netwerk24 dat Zanika se pa, Jaco van Zyl, ook vroeër vanjaar gesterf het en daarom gaan Zanika nou by by haar en haar man, Ernest, bly. Hulle woon saam met hul twee tienerdogters ook in Sasolburg.
FOTO: (Netwerk24 - Sarina van Zyl en haar seun Rico)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags