3000 beleggers verloor miljoene in mislukte Vaaldriehoek internetskema

January 11, 2019

VAALDRIEHOEK - ‘n Groep van sowat 3000 internet-handelskema beleggers het volgens berigte alle beloofde winste verloor nadat dit verdwyn het in ‘n skema wat as ‘n tweede Krion vir die Vaaldriehoek gedoop is. Vaalweekblad berig sowat 30 van die beleggers het verlede week voor Vanderbijlpark se polisiekantoor saamgedrom om vas te stel of hulle ‘n amptelike klag kan lê teen Maggie Brandt, wat volgens berigte die Option Plus 500 skema in Vanderbijlpark bedryf het. Die skema het glo vroeg in 2018 in Vanderbijlpark begin en behels dat kuberhandelaars namens beleggers oor die internet handel dryf in produkte soos ru-olie en titanium. Brandt het Option Plus-500, wat later BEAM-FX-skema geword het, bedryf en beleggers is groot winste op hul beleggings belowe. Volgens die berig het beleggers gesamentlik glo meer as R6 miljoen verloor. Die koerant berig baie van die beleggers is SASSA pensioenarisse wat hul lewenslange spaargeld in die skema gewaag het. Die berig stel dat beleggers vanuit die Vaaldriehoek en areas sover as die Vrystaat en die Kaap kom. 
FOTOS: (Chilli PicNic - Vaalweekblad)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags