'n Warm week lê voor vir Vaaldriehoekers

January 14, 2019

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek en ander Gauteng inwoners word gewaarsku om voorbereid te wees op ‘n warm week vandeesweek. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê Gauteng inwoners kan temperature wat hoër as 30 grade sal word verwag. Weervoorspeller Lulala Phene sê die hoë temperature het nog nie die punt bereik wat die weerdiens toelaat om die hitte as ‘n amptelike hittegolf in Gauteng te verklaar nie. Hittegolf-toestande word egter verwag oor die westelike en sentrale dele van sowel die Vrystaat as Noordwes en verre oostelike dele van die Noord-Kaap tot en met Woensdag. ’n Hoë brandgevaar word vandag verwag oor die sentrale en oostelike dele van die Noord-Kaap, die Sentraal-Karoo van die Wes-Kaap, die noordelike binneland van die Oos-Kaap, die westelike Vrystaat en die westelike dele van die Noordwes. Die verwagte minimum en maksimum temperatuur vir Vereeniging vandag is19 °C en 31 °C.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags