VF Plus sê Emfuleni-burgemeester moet bedank

January 15, 2019

VAALDRIEHOEK - Die Vryheidsfront Plus sê die burgemeester van Emfuleni, Jacob Khawe, steur hom nie aan enige gedragskode nie en gaan onverpoos voort om twee senior posisies te beklee. VF Plus raadslid in Emfuleni, Gerda Senekal, sê die het reeds in Desember 2018 versoek dat Khawe bedank omdat hy in Julie verlede jaar reeds tot die heeltydse amp van sekretaris van die ANC in Gauteng verkies is. Senekal sê sy versuim om te bedank kom dus neer op ‘n oortreding van die etiese gedragskode vir raadslede. Sy sê die VF Plus sal volgehoue druk plaas op die Emfuleni-stadsraad oor die aangeleentheid tot Khawe as burgemeester bedank.
FOTO: (Emfuleni - Jacob Khawe)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags