Owerhede waarsku ouers teen publikasie van kinders se foto’s op sosiale media

January 21, 2019

VAALDRIEHOEK - Owerhede waarsku ouers teen die publikasie van hulle kinders se foto's op sosiale media. Ouers het veral die laaste paar weke talle foto's op sosiale media geplaas met besonderhede oor hulle kinders se terugkeer skool toe. Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings sê dit is 'n veiligheidsrisiko. 'n Woordvoerder van die eenheid, generaal-majoor Bafana Linda, het 'n beroep gedoen op ouers om versigtig te wees. Hy sê misdadigers soek op sosiale media na slagoffers wat ontvoer kan word. 
FOTO: (Verskaf)

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags