Meer as 20 000 Gauteng leerlinge verloor plek weens papierwerk

January 24, 2019

VAALDRIEHOEK - Die Gautengse onderwysdepartement het Vaaldriehoek en ander ouers in die provinsie gemaan om aanbiedinge vir plasings by beskikbare skole te aanvaar, nadat meer as 20 000 laat aansoeke nie die korrekte gepaardgaande dokumentasie gehad het nie. Die departement sê hy het teen die agtste dag van die 2019-skooljaar meer as 323 000 aansoeke ontvang. Die departement sê dit dui op 1 217 addisionele aansoekers in 2019. Die departement ontvang dus ’n bestendige jaarlikse toename in leerlinggetalle, wat daartoe lei dat sommige skole oorvol is. Die departement het bygevoeg die 22 618 laat aansoekers wat nie dokumente ingedien het nie, het hul aanbiedinge vir plasings op Vrydag 18 Januarie om 12:00 verbeur. Hierdie aansoekers is aangemoedig om by skole aan te meld om ’n beskikbare plek te vind.

FOTO: (Verskaf)

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags