Gesamentlike roudiens word Maandag gehou vir leerders van Hoërskool Driehoek

February 7, 2019

VAALDRIEHOEK - ’n Gesamentlike roudiens word aanstaande Maandag gehou vir die vier leerlinge wat in die brugtragedie by die Hoërskool Driehoek verlede Vrydag in Vanderbiljpark dood is. Netwerk24 berig die skoolhoof, Hein Knoetze, het gesê die skool open weer Maandag. Volgens Netwerk24 sal leerlinge die oggend op die paviljoen saamkom, waarna hulle dan tydelik in tente wat geborg word deur Sasol sal skoolgaan. Die skool sal Maandag om 12:00 sluit vir die roudiens wat om 15:00 by die Kompasgemeente buite Vanderbijlpark gehou sal word. Leerlinge wat nie vervoer na die kerk het nie, sal met bussies daarheen vervoer word.
FOTO: (SABC News, TimesLive)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags