Marli Currie ter ruste gelê by NG kerk Suid na Driehoek tragedie

February 8, 2019

VANDERBIJLPARK - Die NG kerk Suid in Vanderbijlpark was vanoggend gepak met leerlinge, vriende en familie wat die 14-jarige Hoërskool Driehoek leerling, Marli Currie, die laaste keer gegroet het. Netwerk24 berig minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het ook die begrafnis bygewoon en is spesiaal deur die familie bedank dat sy daar was. Terwyl Neil Somers se liedjie “Silwer kombers” gespeel het, het Marli se ouers, Annelie en Morné Currie, en nog familielede enkele pienk en wit rose voor ’n foto van haar neergesit. Die netwerk berig Marli is beskryf as ’n meisie met ’n baie mooi persoonlikheid wat altyd ’n glimlag op haar gesig gehad het. Sy het ook ’n swart gordel in taekwondo gehad. Die kinders wat die sportsoort saam met haar beoefen het, het ’n roerende afskeidsgroet in die kerk vir haar gedoen. Ná die kerkdiens is pienk en pers ballonne waarop boodskappe vir Marli geskryf is, losgelaat.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags