Infrastruktuur van 190 Gautengse skole het dringend aandag nodig

February 15, 2019

VANDERBIJLPARK - Die Gautengse Departement van Onderwys sê daar is sowat 190 skole in die provinsie wat daadwerklik aandag nodig het weens die swak toestand van die infrastruktuur. Volgens die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, is daar reeds 37 skole in Gauteng wat vanjaar heeltemal oorgebou gaan word. Dit kom na vier leerlinge gesterf het en talle ander beseer is na ’n loopbrug by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark op 1 Februarie ineengestort het. Lesufi het gister tydens ’n vergadering met skoolhoofde en beheerliggame oor gebrekkige infrastruktuur en instandhouding gesê ons skole is rampe wat wag om te gebeur. Hy sê hy wil nie ‘n vinger na enigiemand wys nie, maar is hier om na die welsyn van ons kinders om te sien. Lesufi meen almal moet nou die nodige stappe doen om nóg tragedies te verhoed.Vorms is by die vergadering uitgedeel waarin gebrekkige infrastruktuur en swak instandhouding by skole onder die departement se aandag gebring moet word. Lesufi sê hy gaan met die verskafde inligting onmiddellik optree om geld van die tesourie te kry om te begin om skole in die provinsie te herstel.
FOTO: (EWN)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags