8 Mei word amptelik verklaar as verkiesingsdag en vakansiedag

February 27, 2019

VAALDRIEHOEK - President Cyril Ramaphosa het die 8ste Mei 2019 amptelik verklaar as die verkiesingsdatum asook dat dit ‘n publieke vakansiedag sal wees vanjaar. Ramaphosa het die algemene verkiesing geproklameer en die premiers dié van die verkiesings in die nege provinsies. Die afkondiging beteken dat die kieserslys nou gesluit is en niemand meer kan registreer om te stem nie, terwyl kandidate nou benoem kan word. Die kommissie sê die sluitingsdatum vir benoemings sal gereguleer word ooreenkomstig die verkiesingsrooster. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het die publikasie van die verkiesingsdatum van 8 Mei in die Staatskoerant verwelkom. Die dag is as vakansiedag verklaar om te verseker dat landsburgers hulle reg om te stem effektief kan uitoefen.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags