Die M2 hoofweg in Johannesburg word gesluit vir herstelwerk

February 28, 2019

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek en ander motoriste wat in Johannesburg ry word herinner dat die M2-hoofweg tussen Maritzburgstraat-afrit en die Crown-wisselaar van vanoggend om 06:00 gesluit sal wees vir dringende herstelwerk. Werk gaan gedoen word aan die betonstrukture waarop die Karzene- en Selby-dele van die M2-brug rus. Hierdie deel van die hoofweg gaan dus vir die volgende agt maande daagliks gesluit wees. Volgens departementshoof vir beplanning by die Johannesburgse padagentskap (JRA), Thomas Chongo, dra die M2-brug tussen 10 500 en 12 000 voertuie per uur tydens die oggend-spitstyd verkeer. Alternatiewe roetes gaan fyn beplan moet word.
FOTOS: (JRA - Verskeie alternatiewe roetes)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags