Damvlakke in Gauteng staan op 99%

March 7, 2019

VAALDRIEHOEK - Gauteng se damvlakke staan nou op 99% terwyl Suid-Afrika se gemiddelde vlakke 65% is. Die gemiddelde damvlakke in Suid-Afrika was in die ooreenstemmende tyd verlede jaar effens hoër. Die Vaaldam staan tans op 71%. In die Wes-Kaap het die damvlakke tot net oor die 40% gedaal, hoewel dit byna dubbel soveel is as dieselfde tydperk verlede jaar. Die departement van Water en Sanitasie het egter `n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om water spaarsaam te gebruik. Die woordvoerder, Sputnik Ratau, sê die waterverbruik nou kan bepaal hoeveel water in die wintermaande beskikbaar sal wees.
FOTO: (Verskaf)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags