Nersa kondig laer as verwagte kragtariefverhogings aan

March 7, 2019

VAALDRIEHOEK - Die energie-reguleerder Nersa sê hy moes Eskom en die verbruiker se belange balanseer met die vasstelling van kragtariefverhogings vir die volgende jaar. Nersa het aangekondig dat Suid-Afrikaners in die volgende boekjaar 9,4% meer sal betaal vir elektrisiteit, 8,1% in die tweede jaar en 5,2% in die derde jaar. Eskom het vyftien persent per jaar gevra. Nersa se voorsitter, Jacob Modise, sê die reguleerder het meer as 119 000 geskrewe voorleggings ontvang. Hy hetbeklemtoon die openbare sittings wat Nersa gehou het oor Eskom se tariefaansoek het saamgeval met 'n nuwe vlaag voorvalle van beurtkrag deur Eskom weens kragopwekkings-eenhede wat gebreek het. Eskom het vroeër weer gewaarsku dat die kans op beurtkrag vandag hoog is omdat sy voorsieningstelsel onder druk verkeer. Die kragvoorsiener het die afgelope paar dae verskeie waarskuwings oor moontlike beurtkrag uitgereik, maar onderbrekings is tot dusver afgeweer.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags