Goud- en platinummyne gaan werkgeleenthede besnoei

March 25, 2019

VAALDRIEHOEK - Suid-Afrika se goud- en platinummyne sal na raming oor die volgende drie jaar nagenoeg 90-duisend werksgeleenthede moet besnoei. Die hoofrede hiervoor is omdat hoër-as-inflasie verhogings in elektrisiteitstariewe hul huidige hoë bedryfkoste verder sal verhoog. Die bestuurshoof van die Mineraleraad, Roger Baxter, sê die tariefverhogings, te midde van die voortdurende kragonderbrekings, is nie bloot 'n krisis nie, maar stuur op 'n ramp af. Volgens die Mineraleraad se jongste syfers word 71% van al die goudmyne in Suid-Afrika en 65% van die land se platinummyne tans teen 'n verlies bedryf.
FOTO: (Verskaf)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags