VF Plus wil klagtes lê teen Lesufi oor Hoërskool Driehoek tragedie

April 10, 2019

VANDERBIJLPARK - Die Vryheidsfront Plus ondersoek die moontlikheid om strafregtelike klagtes teen die LUR vir Onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi en sy departement in te dien in verband met die Hoërskool Driehoek-tragedie. Vier leerders is dood en sowat 20 is beseer nadat 'n loopbrug in Februarie by die skool in duie gestort het. Die VF Plus se woordvoerder, Anton Alberts sê uit parlementêre vrae wat aan die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga gestel is, is dit duidelik dat inspeksies by die skool sporadies gedoen is en nie volgens sinvolle intervalle nie. Alberts beweer ook dat die laaste infrastruktuur-inspeksie in Julie 2018 slegs daarop gerig was om klaskamergroottes te bepaal en nie die struktuur van die skoolgebou nie. Hy sê dit is duidelik dat Lesufi en sy departement se politiekery gelei het tot die gebrekkige onderhoud van Hoërskool Driehoek.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags