Rowers verkrag tienermeisie tydens plaasaanval

May 22, 2019

VAALDRIEHOEK - ’n 17-jarige meisie is Maandagoggend verkrag tydens ’n plaasaanval naby Fochville net buite die Vaaldriehoek. Netwerk24 berig volgens ’n polisieverklaring het ’n man en sy 17-jarige dogter om 05:30 die huis op die plaas verlaat om skool toe te ry, toe vyf mans hulle oorrompel het. Die groep het die man en sy dogter terug in die huis gedwing, waarna die man verskeie keer oor die kop geslaan is. Volgens die polisie is die tienermeisie verkrag voordat die groep met ’n silwergrys Ford Ranger-bakkie, vuurwapens en ander huisitems gevlug het. Die man en sy dogter is na ’n plaaslike hospitaal geneem en is later die dag ontslaan.
FOTO: (Verskaf)

 

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags