Suid-Afrikaners word gewaarsku teen kitsbank bedrog

May 27, 2019

VAALDRIEHOEK - Suid-Afrikaners word bedreig deur bedrog met aanlyn-kredietkaarttransaksies en by kitsbanke. Dit is volgens die Bankombudsman se verslag vir 2018. Verbruikers word versoek om versigtig te wees en nie hul persoonlike besonderhede aan vreemdelinge te openbaar nie, self nie as hulle sê hulle is verteenwoordigers van `n bank nie. Die ombudsman het meer as seweduisend voorvalle van aanlynbedrog hanteer, wat beteken dat dit die afgelope twee jaar met bykans 40 persent toegeneem het. Die bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse inligtingstelsel vir bankrisiko, Kalyani Pillay, lê klem daarop dat verbruikers hul inligting vertroulik moet hanteer en versigtig moet wees met die stelsels wat hulle gebruik.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags