Unisa waarsku studente wat eksamenvraestelle uitlek

May 28, 2019

VAALDRIEHOEK - Unisa sê studente wat daaraan skuldig bevind word dat hulle eksamenvraestelle uitgelek het, kan vir tot vyf jaar geskors word en hulle punte verloor. Die universiteit het bevestig dat ʼn ondersoek na dié moontlike oortreding aan die gang is. Die ondersoek is van stapel gestuur nadat studente aan beamptes vertel het dat hulle weet van medestudente wat toegang gehad het tot eksamenvraestelle. Unisa se interne ouditspan staan die Handelsmisdaadeenheid en die Nasionale Vervolgingsgesag by in hul ondersoek.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags