Amsa sal meer moet betaal aan koolstofbelasting as wat sy wins is

May 29, 2019

VAALDRIEHOEK - ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) sal meer as sy totale wins van die afgelope jaar moet opdok indien die regering die staalreus dwing om koolstofbelasting te betaal. Uitvoerende hoof, Kobus Verster, het kort ná Amsa se algemene jaarvergadering, wat by sy aanleg in Vanderbijlpark gehou is, gesê die belasting sal Amsa sowat R300 miljoen per jaar uit die sak jaag. Netwerk24 berig Verster sê Amsa sukkel ook om te keer dat die gifstof swaeldioksied (SO2) by sy aanleg in die atmosfeer beland. Volgens Verster het die staalreus onlangs R300 miljoen bestee aan tegnologie wat misluk het. Hy sê die huidige Duitse tegnologie wat wel suksesvol blyk te wees, kos sowat R1 miljard om te installeer.Amsa se grootste staalaanleg is in die Vaaldriehoek en die CER wys daarop dat die departement van omgewingsake dié streek jare gelede al tot prioriteitsgebied vir lugbesoedeling verklaar het. Volgens die inligtingstuk dra gemeenskappe wat hier woon die las van ernstige lugbesoedeling en kla al jare oor hul gesondheid, maar niks verbeter nie. Verster sê Amsa verskaf werk aan sowat 12 500 mense in die Vaaldriehoek. Hy sê daar is uitdagings, maar Amsa werk daaraan. Volgens Verster is klimaatsverandering vir Amsa ’n baie belangrike kwessie en in dié stadium probeer die maatskappy sy bes om op ’n omgewingsvriendelike manier staal te vervaardig.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags