Roofdierkundige meen mense moet nooit tussen roofdiere ingaan nie

June 3, 2019

VAALDRIEHOEK - ‘n Kundige op die gebied van Afrika-roofdiere sê dit is hóógs onverantwoordelik om mense tussen roofdiere van enige aard te laat ingaan – wat die doel ook al daarmee is. Prof. H.O. de Waal het volgens Netwerk24 gereageer op die onlangse aanvalle op die Weltevrede-leeuplaas buite Heilbron in die Vrystaat. Die vierjarige Dinamari de Beer moes aan haar kop geopereer word nadat ’n jong leeu haar en haar pa deur ’n heining gegryp het. De Waal sê ‘n leeuwelpie is nie ‘n katjie nie, hulle eerste instink is om dood te maak. De Waal sê ’n jaarlikse permit word aan leeuplase uitgereik as alle spesifikasies in plek is. Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging het na die voorval die leeuplaas besoek en sê daar was geen groot oortredings in terme van die Dierebeskermingswet nie. NDBV-bestuurder, Douglas Wolhuter, sê hulle werk aan ’n kennisgewing vir die leeuplaas wat as waarskuwing dien om ’n “paar welsynkwessies” reg te stel.
FOTO: (Netwerk24)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags