Vaaldriehoekers wat in Vereeniging middestad koop gewaarsku teen diefstal

June 4, 2019

VEREENIGING - Vaaldriehoekers wat in die middestad van Vereeniging inkopies doen, is gewaarsku om ekstra versigtig te wees, omdat diewe daar soek vir geleenthede om te steel. Die Vereeniging SAPD het gemeenskapslede wat daar koop of werk gemaan om nie juweliersware of enige elektroniese besittings te vertoon nie. Polisiewoordvoerder, Kaptein Fikile Funda, het ook spesifiek vrouens met handsakke gewaarsku om hulle sakke en beursies naby hulle te hou en nie in hul waantjies te bêre terwyl hulle inkopies doen nie. Funda het ook gemeenskapslede gemaan om teendiefstal-kabels vir skootrekenaars in kantore in die Vereenigingse middestad te gebruik om diefstal in kantore te verhoed. Hy het egter ook gesê die Vereeniging SAPD het die naweek 18 verdagtes aangekeer vir verskeie misdade, wat diefstal en winkelroof insluit. Funda sê die verdagtes het reeds in die Vereenigingse landdroshof verskyn.

FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags