Motoriste moet weer ‘n petrolprysstyging trotseer

June 5, 2019

VAALDRIEHOEK - Motoriste het gisteraand eers gehoor hulle sal weer ‘n styging in brandstofpryse moet trotseer vandeesmaand. Die Sentrale Energiefonds het gisteraand aangekondig dat die prys van 95- én 93-oktaanpetrol vandag met 9c per liter styg. Dit beteken motoriste in die binneland sal R16,76 per liter vir brandstof opdok. Motoriste met dieselvoertuie sal ‘n styging van 33c per liter moet trotseer, terwyl die prys van paraffien met 8c per liter styg. Gasgebruikers kry egter ‘n effense verligting, met ‘n 7c per kilogram daling in die prys van gas. Daar is vandeesmaand vier redes vir die hoër pryse: die rand-dollar-wisselkoers, die olieprys, koolstofbelasting en die Slate-heffing wat terug is. Luidens ’n verklaring van die departement van energie wat om 19:20 uitgereik is, word ’n Slate-heffing van 13c per liter op petrol en diesel van 5 Junie af gehef. Dit is omdat die Slate-fonds ’n negatiewe balans van R1,4 miljard het.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags