32-jarige kritiek na voertuig in vragmotor vasry

June 10, 2019

VEREENIGING - Paramedici sê ‘n 32-jarige man is kritiek beseer na sy voertuig met ‘n vragmotor op Houtkopweg in Duncanville, Vereeniging, gebots het. ER24 sê in ‘n verklaring hulle paramedici het omstreeks 22:00 die aand op die toneel gekom waar die Provinsiale Brandweer reeds die vasgekeerde bestuurder uit die ligte motorvoertuig bevry het. Paramedici het gevind dat die man verskeie beserings aan sy kop en nek opgedoen het. Hy was in ‘n kritieke toestand. Hy is op die toneel behandel voordat hy na die Sebokeng Provinsiale Hospitaal vir verdere sorg geneem is. ER24 sê die ligte motorvoertuig het glo in die vragmotor vasgery, wat veroorsaak het dat die voertuig verskeie kere gerol het. Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

FOTO: (ER24)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags