Gautengse Onderwysdepartment sê daar is geen varkgriepuitbreking in Gauteng nie

June 12, 2019

VAALDRIEHOEK - Die departement van Onderwys in Gauteng sê daar is geen bevestigde gevalle van 'n sogenaamde varkgriepuitbreking in die provinsie nie. Die departement sê hy ondersoek egter berigte daaroor in noue samewerking met die Nasionale Instituut vir Aansteeklike Siektes. Die LUR vir Onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi het gister 'n laerskool in Krugersdorp aan die Wes-rand gesluit ná die dood van 'n leerder die naweek en nog leerlinge wat siek geword het. Gesondheidsinstansies is ook in kennis gestel om op die uitkyk te wees vir pasiënte met griepsimptome wat verband kan hou met varkgriep. Dit is onder andere skielike koors, spierpyn, hoes en 'n seer keel.
FOTO: (Verskaf)

 

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags