Groot kommer oor prys van kos

June 20, 2019

VAALDRIEHOEK - Kommer is aan die oplaai oor behoeftige Suid-Afrikaners se vermoë om kos vir hul gesinne te koop. Van die 34 produkte wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) by ’n mandjie baie basiese kossoorte insluit, het meer as die helfte in Mei met meer as die algehele kosprysinflasie van 3,2% gestyg. SSA se hoofdirekteur van prysstatistieke, Patrick Kelly, sê sedert die begin van 2019 het mieliemeel al 11,4% duurder geword. Blikkiesvis het sedert Mei verlede jaar 7,4% duurder en aartappels 7,7% duurder geword. Algemene kosprysinflasie het in Mei tot 3,2% gestyg. Dit was in April 2,9% en in Maart 3,1%.
FOTO: (Verskaf)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags