VAALDRIEHOEK - Die organisasie, Equal Education, sê verlede jaar se matriekslaagsyfer van 78% wat die Departement van Basiese Onderwys aangekondig het, is nie 'n ware weergawe nie, omdat dit nie die aantal leerlinge in berekening bring wat tydens hul skoolloopbaan uitsak nie. Tussen 50% en 60% van leerlinge in Suid-Afrika wat met graad een begin, voltooi nie graad 12 nie. 'n Navorser by Equal Education, Ronel McFarlene sê finansiële probleme in die gesin, geweld, en swangerskap is van die redes waarom leerders nie hul skoolloopbane voltooi nie, maar swak onderrig in die gronslagfase bly die grootse probleem.
FOTO: (Verskaf)

Please reload