Huawei bevestig hy het 'n toekoms in SA

June 27, 2019

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek en ander Suid-Afrikaanse eienaars van Huawei-selfone is verseker dat dit aanhou om soos normaal te funksioneer, ondanks Amerika se sogenaamde “verbod” teen die selfoonreus.Te midde van Amerika se handelsoorlog teen China het pres. Donald Trump in Mei gelas Amerikaanse ondernemings mag nie meer sake doen met China se Huawei nie, glo weens spioenasievrese. Dié aankondiging het ongeloof en selfs paniek onder Huawei-eienaars in Suid-Afrika ontketen met gebruikers wat wonder of hul toestelle eersdaags gaan ophou werk. Hoof van Huawei in Suid-Afrika, Likun Zhao, het aan Netwerk24 bevestig dat “alle Huawei-toestelle” tot en met die maatskappy se jongste P30-modelle, soos normaal gaan aanhou funksioneer, selfs nadat die verbod in Augustus in werking tree.Tegnologiehoof van Huawei in Suid-Afrika Akhram Mohamed, erken egter daar moet nog oor toekomstige toestelle onderhandel word.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags