Vaaldriehoek motoriste kry heel moontlik verligting metpetrolprys vir Julie

June 27, 2019

VAALDRIEHOEK - Alle data dui sover daarop dat Vaaldriehoek en ander Suid-Afrikaanse motoriste volgende week ‘n groot sug van verligting oor die petrolprys sal gee. Die AA sê laer internasionale oliepryse baan die weg vir ʼn aansienlike daling in brandstofpryse volgende week. Die vereniging verwag dat die petrolprys Woensdag met 86 sent per liter sal daal, die dieselprys met 68 sent en die lampolie-prys met 58 sent. Die daling kon groter gewees het indien die Rand nie swak presteer het nie. Die AA raam die verlagings op die jongste ongeouditeerde brandstofpryssyfers wat die Sentrale Energiefonds vrygestel het.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags