VF Plus ontsteld oor Ramaphosa se gebrek aan plaasmoord melding

June 28, 2019

VAALDRIEHOEK - Die Vryheidsfront Plus sê President Cyril Ramaphosa se swye oor die landbougemeenskap betreffende plaasaanvalle, vererger beleggersonsekerheid en laat die hoop vir ekonomiese herstel vervaag. Die party het sy misnoeë uitgespreek, omdat Ramaphosa tydens sy repliek oor die staatsrededebat, geen melding gemaak het van die VF-Plus se kommer nie. Die party het tydens die debat gevra dat die president plaasaanvalle en -moorde as 'n werklikheid erken. Die VF-Plus sê die regering se swye oor plaasaanvalle is 'n bewys dat boere in die land, die rug gekeer is. Die party sê dit sluit die realiteit in van grondonteiening waarmee die regering voortgaan. Die Vryheidsfront Plus sê die enigste sekerheid vir boere is dat hulle nie regeringsbystand moet verwag nie, en na hul eie veiligheid en welstand sal moet omsien.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags