Die ANC in Gauteng beloof om sy stryd teen die e-tolstelsel voort te sit

July 1, 2019

VAALDRIEHOEK - Die ANC in Gauteng het beloof om voort te gaan met sy stryd om die e-tolstelsel te skrap. Die party sê hulle doen ‘n beroep op die nasionale regering om ‘n alternatiewe plan voor te stel. Dit is een van die besluite wat by die party se provinsiale lekgotla in Irene geneem is. eNCA berig dat die party ook beloof het om op ekonomiese hervorming en werkskepping te fokus. Premier David Makhura sal vandag sy provinsiale rede in die wetgewer lewer.
FOTO: (Verskaf)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags