LUR vir onderwys moet uitslae van Gautengse laerskole jaarliks bekend maak

July 2, 2019

VAALDRIEHOEK - Die Gautengse Premier David Makhura het sy LUR van Onderwys opdrag gegee om al die laerskole in die provinsie te assesseer en die uitslae daarvan jaarliks bekend te maak. Makhura het gister in sy provinsiale rede gesê hy het Panyaza Lesufi reeds opdrag gegee om die nasionale geïntegreerde assesseringsraamwerk dadelik in werking te stel. Hy het ook gesê die uitslae sal ouers bemagtig sodat hulle beter besluite oor die opvoeding van hul kinders kan neem. Lesufi moet binne 100 dae ’n plan aan die provinsie se uitvoerende raad voorlê oor die status van alle laerskole, asook enige planne om die swak vertonings van laerskole te verbeter. Hy moet ook sê watter ingrypings hy by die skole beplan wat die swakste vaar. Makhura sê hierdie skole moet beter ondersteun word sodat hulle die getal kinders wat tussen gr. R en gr. 12 deur die stelsel verloor word, kan verminder.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags