Suid-Afrikaanse onderwysers spandeer net 66% van klastyd aan onderrig

July 3, 2019

VAALDRIEHOEK - Die Teaching and Learning International Survey (Talis)-opname wat gister bekend gemaak is, toon dat Suid-Afrikaanse onderwysers net sowat 66% van hul tyd in die klaskamer aan onderrig bestee. Suid-Afrika was die enigste Afrika-land wat aan die opname van sowat 260 000 onderwysers in 48 lande deelgeneem het. Luidens die verslag bestee onderwysers in Suid-Afrika minder as die internasionale gemiddeld van 78% van hul klastyd aan onderrig. Volgens die verslag is die werklike onderrigtyd in Suid-Afrika selfs laer in skole met hoë konsentrasies van leerlinge van sosio-ekonomies agtergeblewe huise. Die min tyd wat aan onderrig afgestaan word, word meestal toegeskryf aan die talle administratiewe take wat onderwysers moet afhandel, asook probleme om dissipline te handhaaf. Daar is gemiddeld 41 leerlinge in ’n klas in Suid-Afrika in vergelyking met die internasionale gemiddeld van 12 leerlinge per klas. 
FOTO: (Verskaf)

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags