Jong seun sterf nadat hy in drein val en verdrink

July 4, 2019

MEYERTON - ʼn Nege jarige seun is Dinsdag oorlede nadat hy in ʼn drein op een van die kleinhoewes in die Sterkfontein omgewing in Meyerton geval en daarin verdrink het. Netwerk24 berig Jean van Staden het saam met sy maats op die kleinhoewe gespeel toe hy spoorloos verdwyn het. Die kinders het hulp ontbied en na ʼn intense soektog het nooddienswerkers hom in ʼn drein opgespoor. Jean se ouma, Mariena van Staden het gesê die reddingswerkers het probeer om hom by te bring, maar dit was reeds te laat. Volgens Van Staden was daar glo nie ʼn deksel op die drein se opening nie. Polisiewoordvoerder, Teboho Lephoto, sê ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen. 
FOTO: (Netwerk24)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags