Kabeldiefstal kom die meeste voor in Gauteng en die Wes-Kaap

July 5, 2019

VAALDRIEHOEK - Eskom sê kabeldiefstal van ondergrondse en oorhoofse kabels vind die meeste in Gauteng en die Wes-Kaap plaas. Eskom-woordvoerder, Dikatso Mothae, sê tussen April 2018 en Maart 2019 het Eskom 1 091 misdaadvoorvalle in verskillende dele van Gauteng aangeteken. Mothae sê onwettige verbindings, gepeuter met kragmeters en infrastruktuurmisdade is algemeen in dele soos Orange Farm, Ivory Park, Klipspruit en Winterveldt. Hy sê onwettige verbindings oorlaai die stelsels en veroorsaak kragonderbrekings en uitskakelings. Volgens Mothae kos kabeldiefstal en vandalisme by kragstasies en substasies Eskom jaarliks ’n beraamde R200 miljoen. Dit is een van die hoofredes vir kragonderbrekings in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaapse bedryfseenhede.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags