Krisis oor tekort aan verpleërs in Suid-Afrika

July 8, 2019

VAALDRIEHOEK - Xpatweb het syfers uitgereik wat toon dat die vraag na beroepslui in die gesonheidsektor van 2017 tot 2018 met ’n enorme 200% gestyg het, wat veral verpleërs insluit. Xpatweb sê daar is internasionaal ’n groot vraag na verpleërs, wat meebring dat mense in dié beroep maklik kan emigreer. Mediclinic het in reaksie daarop gesê dat byna helfte van Suid-Afrika se geregistreerde verpleërs gaan binne die volgende 15 jaar aftree, wat beteken die kritieke tekort gaan na verwagting oor die volgende paar jaar net vererger. Daar is ook ’n krisis met die akkreditering van opleidingsentrums en belangstelling in dié beroep is aan die taan. Mediclinic sê hy het baie vakatures vir verpleërs wat kliniese leierskap in gespesialiseerde eenhede en algemene sale kan bied.die maatskappy sê die beskikbaarheid van verpleegpersoneellede is ’n uitdaging in Suid-Afrika. Die departement van arbeid dui verpleegkunde ook aan as ’n kritieke vaardigheid.
FOTO: (Shutterstock)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags