Watertoevoeronderbreking in dele van Vereeniging môre

July 9, 2019

VEREENIGING - Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit sê dele van Vereeniging gaan môre deur ‘n watertoevoer-onderbreking geraak word. Die munisipaliteit het in ‘n kennisgewing gesê hy moet môre, 10 Julie, ‘n waterpyp wat lek by Arcon Park regmaak. Risiville, Peacehaven, Arcon Park en Drie Riviere sal vanaf 08:00 die oggend tot 13:00 die middag deur die onderbreking geraak word. Emfuleni het die gemeenskappe wat geaffekteer gaan word gemaan om water bymekaar te maak vir basiese gebruik tydens die tydperk. Die munisipaliteit het om verskoning gevra vir enige ongerief en in dieselfde asem die gemeenskap gevra om altyd water spaarsamig te gebruik. Vir meer inligting kan inwoners die Metsi-a-Lekoa kliëntedienssentrum kontak by 016 986 8361/ 8368/ 8375.
FOTO: (Emfuleni Local Municipality)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags