Solidariteit skryf AMSA afleggings toe aan koolstofbelasting, hoë kragtariewe

July 11, 2019

VAALDRIEHOEK - Die vakbond Solidariteit het ArcelorMittal Suid-Afrika (AMSA) se aankondiging van 2,000 moontlike afleggings toegeskryf aan koolstofbelasting, Eskom se verhoogde kragtariewe en Nersa wat hom doof hou vir hulpkrete. Dit volg nadat Solidariteit ‘n 189A-afleggingskennisgewing ontvang het. Adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, Marius Croucamp, sê hulle het die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) gewaarsku dat dié verhoging die industrie gaan vernietig. Tog is daar voortgegaan en moet gewone werkers nou die kostes dra.Croucamp sê voorts dat selfs die versoekbrief wat Solidariteit op 11 Junie aan die minister van handel en nywerheid gerig het, wat dringend versoek dat die minister rolspelers in die industrie byeen moet roep om die uitdagings te bespreek, op dowe ore geval het. Volgens Croucamp het die onlangse instelling van die koolstofbelasting die industrie onder verdere druk geplaas en speel dit ook ʼn groot rol in die afleggings wat AMSA tans in die oё staar. Amsa het tans nagenoeg 8 800 werknemers, wat beteken byna ’n vyfde staar die risiko in die gesig om hul werk te verloor.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags