Suid-Afrikaners gemaan om meer spaarsamig met elektrisiteit te werk

July 11, 2019

VAALDRIEHOEK - Minister in die presidensie, Jackson Mthembu, het alle Suid-Afrikaners gemaan om veral saans wanneer die vraag die hoogste is, saam te werk en meer spaarsamig met elektrisiteit te werk gaan. Mthembu het vanoggend die versoek in die parlement namens die kabinet gerig toe hy besluite aan joernaliste bekend gemaak het wat gister op ’n kabinetsvergadering geneem is. Netwerk24 berig die kabinet het Eskom se aankondiging verwelkom dat Eenheid 3 van die Medupi-kragstasie in Mpumalanga nou aangeskakel is en deel van die nasionale elektrisiteitsnetwerk is. Mthembu sê dit sal ’n bykomende 796 MW tot die nasionale elektrisiteitsnetwerk voeg. Die Wêreldbank het sy vertroue uitgespreek in die regering se planne om Eskom reg te ruk. Volgens Mthembu moet elektrisiteit egter steeds spaarsamig gebruik word, veral tussen 17:00 en 21:00 in die aande wanneer die vraag die hoogste is.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags