Twee Vereeniging inwoners in hof vir moord op vrou buite Graaff-Reinet in die Karoo

July 16, 2019

VEREENIGING - Die twee mense van Vereeniging, Vaaldriehoek, wat vir die moord op ’n vrou buite Graaff-Reinet in die Karoo aangekla word, is na hulle hofverskying gister deur die polisie geïdentifiseer. Polisiewoordvoerder, Kaptein Bradley Rawlinson, sê die 48-jarige Chené Chantell Verwey en 28-jarige Mandla Khumalose saak is tot 23 Julie vir ’n formele borgtogaansoek uitgestel. Hulle het volgens Netwerk24 gisteroggend vlugtig in die landdroshof in Graaff-Reinet in die Oos-Kaap vir die moord op 59-jarige Anette Jooste van Eeden verskyn. Van Eeden se lyk is in Junie langs die N9, enkele kilometer buite Graaff-Reinet in die rigting van Middelburg, gevind met ’n oop wond aan haar kop. Van Eeden is ’n week nadat sy opgespoor is deur middel van haar vingerafdrukke geïdentifiseer. Volgens die polisie was haar laaste bekende woonadres in Vereeniging. Rawlinson sê ondersoekbeampte van die Graaff-Reinet-polisiekantoor, ao. Leon Weitz, het saam met ao. André Pienaar, konst. Chris Pretorius en sers. Rowan Nash van die Vereeniging-polisiekantoor die twee verdagtes Sondag in Vereeniging in hegtenis geneem.
FOTO: (Facebook)

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags