Die SAID het reeds miljarde rande aan belastingbetalers terugbetaal

July 22, 2019

VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het sedert die belastingjaar vir digitale opgawes op 1 Julie begin het sowat R3,5 miljard se terugbetalings aan belastingbetalers gemaak. Die inkomstediens sê hy kan baie vinniger opgawes evalueer wanneer sy digitale dienste benut word. Dit maak dit dan moontlik om terugbetalings binne slegs sewe dae geldig te verklaar en uit te betaal, waar dit gewoonlik met die hand meer as 30 dae sou neem. Netwerk24 berig egter dat dit steeds langer kan duur indien die SAID verifiëring van dokumente aanvra. Die belastingjaar vir diegene wat met die hand hul opgawes by die SAID se fisieke takke wil indien, begin op 1 Augustus. Die SAID het wel weereens beklemtoon dat belastingbetalers eerder sy digitale dienste moet gebruik sodat sy personeel kan fokus op die ondersoek en vervolging van grootskaalse ontduikers, wat meer aandag verg.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags