Onder NGV het jy geen reg om ‘n spesialis te sien oor jy die geld het nie

July 31, 2019

VAALDRIEHOEK - Die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, sê in die nuwe Nasionale Gesondheidsversekering (NGV)-bedeling gaan Suid-Afrikaners moet leer dat jy nie die reg het om ’n spesialis te spreek of ’n MR-skandering te laat doen net omdat jy geld het nie. Mkhize het die afgelope week aan Rapport gesê dat almal gelyke toegang tot spesialisdienste moet hê. Hy is gevra oor wat presies mediese fondse se rol sal wees in ’n NGV-bedeling, na hy weer benadruk het dat fondse se rol gaan verander. Mkhize sê egter dit is onmoontlik om dié vraag reguit te antwoord. Rapport berig die onsekerheid word aangevuur deur die voortdurende verwysing na die “aanvullende rol” wat mediese fondse sal speel. Die NGV-wetsontwerp wat in Junie verlede jaar vir kommentaar gepubliseer is, het uitdruklik bepaal dat enigiemand die reg sal hê om aan ’n mediese fonds te behoort of ander versekering uit te neem vir enigiets wat die NGV nie betaal nie.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags