Verslag toon IT-spesialiste, verpleërs en ambagslui behoort maklik werk te kry

August 1, 2019

VAALDRIEHOEK - Werkernemers wat ander tale kan praat, of ‘n programmeerder, dokter of verpleër is, behoort volgens ‘n verslag maklik in SA of in die buiteland werk te kry. Luidens Xpatweb se jongste verslag oor kritiek noodsaaklike vaardighede is dit tans juis mense met hierdie vaardighede wat plaaslik, maar ook internasionaal, in groot aanvraag is. Netwerk24 berig immigrasiekenner by Xpatweb, Marisa Jacobs, sê hul resultate toon dat daar ’n baie duidelike verband is tussen die vaardighede wat plaaslik benodig word en die beroepe waarvoor ander lande mense werf. Jacobs sê dit bevestig net weer dat vaardigheidstekorte ’n wêreldwye uitdaging is en dat Suid-Afrika om dié vaardighede meeding. Die studie toon verder dat daar ‘n plaaslike tekort aan vaardighede soos ambagslui; senior finansiële bestuurders; akademici; mynboukundiges; en risikobestuurders is. Xpatweb het 110 maatskappye, waaronder sommiges wat op die JSE genoteer is en groot multinasionale groepe in Afrika, in sy peiling ondervra.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags