Misdadigers vergiftig al hoe meer honde landswyd

August 5, 2019

VAALDRIEHOEK - Die organisasie Animal Resource SA het troeteldier-eienaars gewaarsku dat die vergiftiging van honde landswyd toenemend voorkom. Hy het ʼn beroep op eienaars gedoen om hulle honde snags in die huis te hou, aangesien misdadigers dikwels vergiftigde vleis vir die diere neersit voordat hulle inbreek of diefstal pleeg. Volgens News24 sê die direkteur van die Griffon-gif-inligtingsentrum, Gerhard Verdoorn, dat tot soveel as ʼn duisend honde weekliks in Suid-Afrika vergiftig word. Woensdagaand is nagenoeg 40 honde in Florida, Roodepoort vergiftig.
FOTO: (Verskaf)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags