Vrou sterf, vyf beseer na R59 ongeluk

August 5, 2019

VEREENIGING - Paramedici sê een persoon het gesterf en vyf ander is beseer in ‘n ongeluk op die R59 naby die Pierneef afrit in Vereeniging oor die naweek. ER24 sê sy paramedici het omstreeks 14:00 die middag op die toneel gekom en meeste van die pasiënte buite hul voertuie gevind. Een van die twee voertuie, ‘n bakkie, het gerol. Een vrou het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Nog ‘n vrou het ernstige beserings opgedoen en is per mediese helikopter na die hospitaal geneem. ER24 sê verder het ‘n jong seun ook ernstige beserings opgedoen en is met die ER24 Oneplan Mediese Helikopter na die hospitaal vervoer. Drie ander mense het gering tot matige beserings opgedoen, waarvan twee na die hospitaal geneem is, terwyl die derde persoon nie na die hospitaal wou geneem word nie. Geen beserings is by die tweede voertuig aangemeld nie. ER24 sê die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend, maar die polisie was op die toneel vir verdere ondersoek.
FOTO: (ER24)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags