Vakbonde in die bankbedryf dreig met grootste staking in amper 'n eeu

August 6, 2019

VAALDRIEHOEK - Sedert ‘n paar groot Suid-Afrikaanse banke Sasbo gekonsulteer het oor afleggings, het die vakbond gedreig om die bedryf te ontwrig met ’n staking van 73 000 lede volgende maand. Hoofsekretaris van Sasbo, Joe Kokela, sê die staking van Sasbo wat twee dae gaan duur is gerig op Absa, Standard Bank en Nedbank wat die afgelope maande hul personeel oor afdankings gekonsulteer het asook ander instellings wat lede van die vakbond is. Netwerk24 berig Sasbo wil hê banke moet ander opsies as afleggings oorweeg en met ’n program begin om personeel in die visier heropleiding te gee. Kokela het gesê as banke nee sê, gaan vakbondlede seker maak hulle skakel die stelsel af totdat banke tot hul sinne kom. Hy sê hulle sal selfs seker maak dat die aanvul van OTM’e met kontant tot die minimum gehou word sodat die land se geld opdroog. Banke besnoei poste om koste te verlaag en in die laer ekonomiese groei te oorleef te midde van vars mededinging van toetreders wat nie banktakke het nie soos TymeBank en Discovery Bank. Die beplande staking is beskryf as die grootste in amper 'n eeu.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags